Ons Skool
Geleë in die Koue Bokkeveld area van die Witzenberg Munisipaliteit distrik, in die dorpie, Op-die-Berg, spog Laerskool Koue Bokkeveld
as ‘n dinamiese en multi-kulturele laerskool wat glo in “net die beste”.
Hier is vir elkeen ‘n plekkie om sy/haar indentiteit uit te leef. Goeie ouer-onderwyserverhouding is vir ons belangrik en ons streef daarna om gelukkige kinders te vorm.
Fasiliteite
Tans beskik die skool oor die volgende fasiliteite:
- Twee Rekenaarlokale
- Biblioteek
- 2 Rugbyvelde
- 4 Netbalbane
- 2 Tennisbane
- Krieketnette / Krieketveld
- Speelparkies











































