Akademie

‘n Sterk akademiese fondament is ononderhandelbaar en daarom ontsien ons geen moeite om vir ons kinders die beste moontlike leerervaring te gee nie. Dit strek van toegewyde onderwysers tot individuele leerderondersteuning tot erkenning vir elke leerder vir besondere akademiese prestasies.

Vanaf 2026 het ons skool 20 Chromebooks nuut aangekoop. Alhoewel ons al ‘n geruime tyd die Google Workspace for Education gebruik, betree ons nou ‘n nuwe era waar ons al hoe meer vir die moderne leerders, spesifiek Gen Alpha, voorsiening maak. Tegnologie word as versterking by ons lesse ingesluit, is nie ‘n plaasvervanger nie, sodat ons meer die verskillende leerstyle aanspreek.

Grondslagfase

Pre-Graad R – 3

Afrikaans Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal (Gr. 1-3)

Wiskunde

Lewensvaardigheid

Intermediêre Fase

Graad 4 – 6

Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
NW & Teg
Sosiale Wetenskappe
Lewensvaardighede

Senior Fase

Graad 7

Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Tegnologie
Ekonomiese Bestuurswetenskappe
Lewensoriëntering
Skeppende Kunste

Ekstra Akademiese Opsies

Olimpiades
Ons neem jaarliks aan Conquesta deel. Erkenning vir 100% per vraestel word by die jaarlikse erkenningsaand gegee.

MCO
Leerders van Graad 3 tot 7 het die geleentheid om weekliks aan die MCO (Maths Curriculum Online) se breinreise deel te neem.

Algemene Kennis
Ons leerders in Graad 4 tot 7 neem kwartaalliks aan Algemene kennis olimpiades deel. Erkenning vir die 1ste drie klasposisies word by die jaarlikse erkenningsaand word gegee.