WELKOM BY LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD
Visie
‘n Hegte Skoolfamilie
Missie
Ons wil elkeen van ons kinders se potensiaal ontsluit om hulle daardeur met standvastige karakter, balans en vreugde te laat grootword.
Laerskool Koue Bokkeveld is ‘n skool waar die fokus lê op wat die skool vir die kind kan beteken en nie wat die kind vir die skool beteken nie. Ons skool bied sonder twyfel vir elke kind geleenthede tot groei en ontwikkeling.
Kinders by Laerskool Koue Bokkeveld word gekoester en versorg soos ‘n jong boompie met liefde en individuele aandag wat mens nie sommer by skole met groot getalle kry nie. In die pragtige natuurskoon waar ons skool geleë is en geborge in ons groot skoolterrein, kry ons kinders geleentheid om kind te bly, gesond te wees én buite te ontwikkel.
Met kernwaardes soos omgee, eerlikheid, verantwoordelikheid, uitnemendheid en respek word ons kinders op die regte pad geplaas om ‘n gebalanseerde en produktiewe deel van die gemeenskap te word.
Hier by Laerskool Koue Bokkeveld groet ons mekaar nog met die hand en menswees en goeie maniere is iets wat nie net oor gepraat word nie, maar ‘n lewenstyl is.
Ons sien uit daarna om u te ontmoet en beter te leer ken. Kom raak deel van ons skoolfamilie. U menswees en persoonlike talente, kennis en ervaring sal ‘n wonderlike toevoeging tot ons gemeenskap wees.
Beste wense
P.G. de Bruyn
Op 1 Januarie 1965 open Laerskool Koue Bokkeveld amptelik sy deure met slegs nege leerlinge. Die ou skoolgebou, wat vandag as die Opleidingsentrum bekend staan, het behoorlik gebars van trots. Op 20 Oktober 1990 word ons huidige skoolgebou ingehuldig en gaan van toe af nog net van krag tot krag.
In Oktober 2025 vier ons die skool se 60ste verjaarsdag saam met oudskoliere, oudpersoneellede en oudhoofde met ‘n glans geleentheid saam met Rocco de Villiers.
Vandag sit ±130 vrolike gesiggies die skoolbanke vol.
Hoor tog ons lied van vertroue
klink oor die Bokkeveld
Diep uit ons dankbare hart
sing ons van blom en van veld
Dank vir ons skool en ons mense
dank vir ons volk en ons land
dank vir ons krag en ons kanse
dank vir ons huis en ons grond
Lied van ons trou en ons offer
klink oor ons berge blou
Sing van die plek van ons liefde
ons Koue Bokveld bo
Woorde: Ds. Gerjo van der Merwe
Melodie: Sing van ons land in die Suide
Ons streef daarna om kinders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel aan die hand van ‘n waardegedrewe stelsel.
Ons kernwaardes is:
Pre-Graad R
07:30 – 12:00 (Ma, Wo & Vr)
Gr R
07:30 – 12:15 (Ma tot Vr)
Gr 1 & 2
07:30 – 13:15 (Ma & Wo)
07:30 – 14:15 (Di & Do) – Sport
07:30 – 13:00 (Vr)
Gr 3 – 7
07:30 – 14:15 (Ma & Wo)
07:30 – 14:15 (Di & Do) – Sport
07:30 – 13:00 (Vr)
Eerste Kwartaal 2026
(12 – Personeel) 14 Januarie – 27 Maart
Tweede Kwartaal 2026
8 April – 26 Junie
Derde Kwartaal 2026
21 Julie – 23 September
Vierde Kwartaal 2026
6 Oktober – 9 Desember (11 – Personeel)